Albei is ondersoekende joernaliste, nuuskierig oor waarom mense is soos hulle is, en albei skryf boeke.
Albei werk met feite, maar Karin Brynard se joernalistiek het oorgegaan na fiksie. Dit voel verkeerd al is dit lekker,
want dis "veilig binne feite (...) Met fiksie moet jy alles uitdink."
’n Fassinerende gesprek oor die hase wat
prosaskrywers uit hoede moet pluk, en hoe dit bepaal kan word deur die joernalistieke kyk na die
bínnekant van die hoed.
Met: Karin Brynard en Hanlie Retief
14 Maart 12:30 | Towerbosch Aardkombuis, Stellenbosch | 120 minute | R220
Word betower deur gewilde Afrikaanse skrywers en 'n voortreflike driegang-ete by Knorhoek se
Towerbosch Aardkombuis met sy kwinksinnige ouwêreldse interieur en gasvryheid – net die plek vir
magiese gesprekke. Twee glase wyn is ingesluit. Koop gerus landgoedwyn en getekende boeke van die
skrywers. Vir ʼn vegetariese opsie, skakel 021 865 2958 vooraf.
Woordfees 2014
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment