Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/30/2023

Maklike aartappel-en-tuna-gebak

Dié resep is verspot maklik. Alles gebeur in een pan, en die oond doen meeste van die werk. Al wat 'n bietjie moeite is, is die aartappels.

Die maklike resep is genoeg vir 3 mense.

Skil vier groot aartappels en kap hulle sommerso grof op.
Braai die blokkies aartappel in 10 mℓ olyfolie vir 5 minute. Braai dit in 'n lekker diep pan, een wat jy in die oond kan gebruik. Gepraat van die oond, voorverhit dit tot 200°C.

Na die aartappels 'n bietjie gebraai is, stip jy dit met tamatiepasta, 30 mℓ behoort genoeg te wees. Indien jy dit wil geur met sout en peper moet jy dit doen voor jy die tamatiepasta oorsit.



Strooi dan gedroogde of fyngekapte vars kruie van jou keuse oor.
Versprei nou die inhoud van twee blikkies tuna oor die aartappels.
Laastens word dit bedek met gerasperde cheddar. Ten minste een koppie, maar gebruik meer as jy so voel.

Bak nou in die oond vir 25 minute. Maak seker die aartappel is sag voor jy dit uithaal.

Aartappel en tuna resepte is ’n gewilde kombinasie.

(foto: Quintus van Rensburg)

No comments :

Post a Comment