Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/18/2023

Hoe om aspersies te kook soos 'n sjef

Die aspersies moet vars en ferm wees. Sny 3 cm van die onderste basis af en gooi weg. Skraap die res van die aspersies liggies met jou mes en was dit af met koue water. Bind hulle nou vas met tou in bondels van nie meer as 10 elk nie. Gebruik jou diepste pot en maak dit vol water. Die aspersies moet kan regop staan daarin, net die punte moet bo die water uitsteek. Gooi sout, 15 mℓ asyn en 'n lourierblaar by en bring dan die water tot kookpunt. Sit nou die aspersies in die water en plaas die deksel skuins op. Sorg dat die deksel so staan dat die aspersies se punte gestoom word. Kook dit vir sowat 20 minute. Die aspersies moet nog ferm wees, nie pap nie.

Dreineer die aspersies in 'n vergiettes, ook met die punte na bo.
Laat dit ten minste 'n bietjie afkoel voor jy dit bedien.

No comments :

Post a Comment