30 g botter
15 mℓ meel
60 g gerasperde kaas
200 mℓ melk
2 eiers, geskei, die geel geklits en die wit styfgeklop
sout en peper na smaak
Smelt die botter in 'n souspan en klits die meel met die hand by.
Voeg die melk en sout en peper by.
Roer aanhoudend terwyl jy dit to kookpunt bring.
Verwyder nou van die hitte en laat dit effens afkoel.
Klits die eiergele met die hand by.
Klop die kaas liggies by.
Vou die eierwitte versigtig by – 'n klein bietjie op 'n slag.
Smeer 'n soufflé-bak met botter. Die botter moet kamertemperatuur wees. Gebruik 'n koekpan as jy nie 'n soufflé-bak het nie.
Gooi die mengsel in die bak.
Bak by 200°C vir 15 minute.
Resep: Jeanette Halford
Foto: Amy Taber
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment