Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/03/2014

Brasiliaanse visbredie / Moqueca

1 ui, gekap
3 cm vars gemmer, geskil en gekap
6 knoffelhuisies, geskil
3 tamaties, ontpit en gekap
die sap van 2 lemmetjies
sout
varsgemaalde swartpeper
4 ferm visfilette, in stukke gesny
50 mℓ olyfolie
1 groen soetrissie, ontpit en fyngekap
1 geel soetrissie, ontpit en fyngekap
15 mℓ tamatiepuree
1 lourierblaar
400 mℓ visaftreksel
400 mℓ klappermelk
die sap van ½ suurlemoen
'n hand vol vars gekapte pietersielie

Plaas die helfte van die gemmer, helfte van die knoffel, helfte van die ui , 1 tamatie en lemmetjiesap in 'n voedselverwerker en geur met sout en peper. Verwerk tot dit 'n gladde sous vorm.

Plaas die vis in 'n glasbak en gooi die sous oor die vis. Draai die vis om om dit met die sous te bedek. Bedek met kleefplastiek en hou dit vir ten minste 2 uur in die yskas.

Verhit die olyfolie in 'n swaarboompan en braai die res van die ui en soetrissie tot sag.
Voeg die tamatiepuree en die res van die gemmer by. Voeg ook die res van die knoffel by, maar jy moet dit eers baie fyn kap. Kook alles saam vir 'n paar minute.
Voeg die res van die tamaties, die lourierblaar en die visaftreksel by. Bring tot kookpunt en prut dan vir 10 minute.

Voeg die klappermelk by en bring die sous weer tot kookpunt.
Voeg nou die vis en marinade by en kook vir 4 minute, tot die vis gaar is.
Voeg die suurlemoensap en sout en peper byna smaak.
Strooi die pietersielie oor wanneer jy dit bedien.

Bedien die bredie op rys.

Die resep is genoeg vir 4 persone.

(foto Luciano Closs)

No comments :

Post a Comment