Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/16/2014

Italiaanse Kalfsvleis Tartare

Die Tartare is uitsluitlik die domein van diegene wat hul vleis aan die rou kant verkies.

500 g maer kalfsvleis maalvleis
1 knoffelhuisie
2 ansjovisfilette
sout
90 mℓ olie
die sap van 3 suurlemoene
vars pietersielie

Plaas die maalvleis, knoffel en ansjovis saam in ’n voedselverwerker en verwerk tot ’n pasta.

Skep die vleismengsel in ’n mengbak en geur met sout na smaak.
Werk nou die olie en suurlemoensap stelselmatig by met ’n houtlepel.

Maak 4 vleiskoekies (of enige ander vorm) met die mengsel.
Bedien ’n vleiskoekie op ’n bord gegarneer met pietersielie.

No comments :

Post a Comment