Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/15/2014

Gelaagde poeding

Hierdie poeding kombineer die geure van karamel en vla.

300 mℓ klappermelk
4 kardemomsade
10 eiergele
500 g suiker
250 g meel
250 g botter
geroosterde klapper

Die oond moet verhit word tot 200°C.

Intussen voer jy ’n 23 cm koekpan uit met bakpapier.

Verhit die klappermelk saam met die kardemomsade. Laat dan staan om af te koel. Verwyder die sade.
Meng die helfte van die melk met helfte van die meel. Wanneer jy ’n egalige mengsel het roer jy die res van die klappermelk en meel by.

Sit die oond vir eers af en plaas die uitgevoerde koekpan in die oond met die stuk botter. Los dit tot die botter gesmelt het.
Skakel dan weer die oond aan en gooi genoeg van die klappermelkmengsel in die pan, net so dat die pan se bodem bedek is. Sit die koekpan in die oond op die middelste rak. Los dit tot die mengsel gestol het.
Herhaal die proses, gooi elke keer ’n laag van die mengsel by en los dit om te stol. Pasop dat jy jou nie brand aan die warm oond nie!
Wanneer die laaste laag gestol het strooi jy die klapper oor.

Hierdie poeding is heerlik, warm of koud.

No comments :

Post a Comment