Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/01/2014

Pomelo stroop

Hierdie pomelo stroop is handig by nagereg, of sommer net oor roomys. Jy kan dit ook gebruik om cocktails van te maak.

Hierdie resep lewer sowat 250 mℓ stroop.

Verhit 50 mℓ suiker en 100 mℓ water saam. Roer tot die suiker opgelos is. Moet nie dat die water kook nie.

Voeg 2 geskilde en fyngekapte pomelo’s by en prut tot die mengsel stroperig is.

Gooi dit deur 'n sif as jy nie van die vesel hou nie.

No comments :

Post a Comment