Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/02/2014

Eet vir twee

Elke swanger vrou wil die regte voedsel eet vir haar eie gesondheid en ter wille van die ontwikkeling van haar ongebore baba. Die betroubare gids sal jou help om heerlike, gesonde maaltye voor te berei tydens jou swangerskap en ook daarna. Die regte voeding is van kardinale belang tydens jou swangerskap.

In die boek verskaf kosskrywer Annabel Karmel met die hulp van dieetkundige Fiona Hinton, belangrike raad en nuttige wenke vir optimale voeding tydens elke stadium van jou swangerskap, toegerus met eenvoudige, dog heerlike, gesonde resepte. Die boek bevat ook raad oor hoe om met oggendnaarheid, slapeloosheid, sooibrand en lusteloosheid klaar te speel. Toegerus met die raad van kenners en meer as 90 resepte, kan jy verseker wees dat jy die beste voedsel inneem vir jou en jou ontwikkelende baba.

Inhoud:
Behoorlike voeding – die boustene vir jou baba
Ontbyt
Hoender
Die tweede trimester
Vleis
Vis
Die derde trimester
Groente
Peuselhappies
En toe is daar twee
Nagereg



Eet vir twee / deur Annabel Karmel -- Struik, Februarie 2013. -- 192 p. ; sagteband. -- ISBN 9781432301026 : R 190.00

No comments :

Post a Comment