Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/10/2014

Welsh rarebit soufflé

Hierdie Welsh rarebit soufflé is basies 'n omelet. Pas die hoeveelhede aan vir jou omstandighede.

15 g mieliemeel
125 mℓ melk + nog 15 mℓ melk
2 eiers, geskei en die wit styfgeklop
30 g kaas
15 g botter
sout en peper

Maak 'n pasta van die mieliemeel en 'n klein bietjie van die 125 mℓ melk.

Bring die res van die 125 mℓ melk tot kookpunt en voeg die mieliemeel by sodra dit kook. Kook vir 3 minute, terwyl jy aanhoudend roer.
Laat die mengsel effens afkoel en voeg die geel van elke eier apart by. Klits elkeen deeglik by.
Geur met sout en peper.
Vou nou die styfgeklopte eierwitte by.

Smelt botter in 'n pan en gooi die mengsel by. Plaas die pan op lae hitte tot die onderkant van die omelet begin verbruin. Plaas dit dan in 'n 180°C oond tot dit ook verbruin aan die bokant.

Intussen meng jy die kaas, botter, 15 mℓ melk en sout en peper in 'n souspan oor lae hitte.
Gooi die mengsel oor die omelet, vou die omelet in die helfte en bedien dadelik.

Resep: D.D. Cottington Taylor

No comments :

Post a Comment