Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/06/2014

Cederberg Kunstefees Feestafel 2014

Feestelike bederf, voortreflike kos en vermaak is op die spyskaart by rooi rose en Laager Rooibos se Feestafel.

Kuier en kos loop hand aan hand by die Feestafel wat in die historiese deel van die dorp gedek word om Clanwilliam se 200ste bestaansjaar te vier.

Gaste word bederf met ‘n drie-gang Laager Rooibos geïnspireerde feesmaal, voorberei deur Marinda Teubes van Idma@Kapel.

Bekroonde Cederberg-wyne van die streek word bedien as perfekte pasmaats vir die geregte. Vir lafenis tydens die geselligheid word mineraalwater van Cedarberg Aqua en verfrissende Rooibos-ystee bedien.

Elke gas kry ook ’n groot pasella: drie maande se gratis subskripsie op Rooi Rose of Food & Home Entertainment! Die gewilde akteur Hannes van Wyk, wat tans in Vallei van Sluiers optree en ‘n aanbieder en vervaardiger van Bravo! is, is die gasheer van die aand. Die immergewilde kunstenaars Pedro Kruger en Niël Rademan, Nedine Blom, Jawaahier Petersen, die Jaloersbokkies en die orkes 4midable skep ‘n vrolike feesatmosfeer met hul musiek.

Datum: 1 Mei
Tyd: 19h00
Kaartjies: Vanaf R250 per persoon
Besprekings: Bespreek voor 25 April by Adelé Coetzee by 027 482 2155

Cederberg Kunstefees 2014 (Cederbergfees)

No comments :

Post a Comment