Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/17/2014

SA Kaasfees 2014

Die immer gewilde SA Kaasfees neem kaasliefhebbers van Saterdag 26 tot Dinsdag 29 April op ʼn ongeëwenaarde ontdekkingstog van kaas en ander watertand produkte ter viering van die goeie lewe.

ʼn Leeftyd is moontlik nie genoeg om kaas in sy volheid te verken nie, maar ons sal jou beïndruk met die wydste verskeidenheid, ʼn program propvol demonstrasies deur bekende kospersoonlikhede en pret en plesier op Sandringham buite Stellenbosch.

Die Kaasfees bied sóveel meer: meer van jou gunsteling kase, meer te proe en ervaar, en meer te leer om jou koshorisonne te verbreed. ʼn Toegewydheid tot ʼn vindingryke feeservaring en uitgesoekte uitstallers met hoë gehalte produkte lok kaasliefhebbers keer op keer terug.

Besoekers aan die fees is altyd gaande oor die demonstrasies deur ʼn sterbelaaide seleksie van gourmet ghoeroes. Terwyl die Kookpot deurgaans prut met inspirerende kos- en kookidees, sal kaasmeesters die kollig op kaas hou tydens leersame sessies in die nuwe Kaasstudio. Springkastele en speletjies, plaasdiere by die Melkfabriek en vermaak uit die boonste rakke sal die kleinspan tevrede hou.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket in alle Shoprite, Checkers, Checkers Hyper en House & Homewinkels teen R130 (geen kaartjies by die hekke nie). Seniorburgers betaal R100 en kinders 13-jaar en jonger hetgratis toegang. Die hekke is daagliks oop van 10:00 tot 18:00 en op die laaste dag van 10:00 tot 17:00. Wynproeglase is by die hekke beskikbaar teen R15.

No comments :

Post a Comment