Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/18/2014

Tandoori masala hoender

8 hoenderboudjies of hoenderborsies of hoenderdytjies, met die vel verwyder en fyn snytjies in die hoender gemaak met ’n skerp mes
knippie sout
die sap van ’n suurlemoen
2 cm vars gemmer, geskil en gerasper
6 knoffelhuisies, fyngedruk
2 rissies, ontpit en fyngekap
10 mℓ garam masala
60 mℓ Griekse jogurt
30 g botter

Plaas die hoender in ’n bak en sprinkel die suurlemoensap oor, gevolg deur die sout, gemmer, knoffel, rissies en die masala. Vryf die kruie in die hoender tot dit goed bedek is. Meng dit nou met die jogurt.
Sit die bak se deksel op en laat dit in die yskas staan vir ten minste 4 uur lank.

Verhit jou oond tot 240°C en plaas die hoender op ’n bakpan in die oond. Dit moet vir 20 minute in die oond bly. Na 10 minute stip jy die hoender met die botter.


Laat die hoender vir ten minste 5 minute staan voor jy dit bedien. Bedien saam met ’n salsa en brood of rys en ekstra jogurt.

No comments :

Post a Comment