Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/09/2014

Tannie Poppie maak 'n boerewors boontjie bredie

olyfolie om te braai
1 ui, fyngekap
4 dik repe gerookte varkvleis, grofgekap
4 knoffelhuisies, grofgekap
1 blik (400g) heel geskilde tamaties
1 takkie vars roosmaryn
3 takkies vars tiemie
250 ml groente-aftreksel
1 pakkie Ouma se boerewors
1 blikkie (400 g) rooi bone
1 blikkie (400 g) borlotti bone

Verhit die olyfolie in a groot warm pot.
Braai die uie, tot deurskynend en sag.
Voeg die varkvleis by en verbruin dit.
Voeg die knoffel by en braai tot dit sag, maar nie verbruin is nie.
Voeg die blik heel tamaties, vars kruie en die aftreksel by. Jy hou die kruie heel, want jy gaan dit later verwyder.
Laat die sous stadig prut oor 'n lae hitte, sodat al die geure goed kan meng.

Terwyl die sous prut, verbruin die boerewors in 'n warm pan. Verwyder en laat dit afkoel, sny dan in stukke.
Voeg die wors en die blikkies bone by die sous en laat dit vir 'n verdere 15-20 minute prut, of tot die sous verdik het na jou smaak.

Verwyder die kruie, voor jy dit bedien. Bedien met 'n lekker vars brood, sodat die sous geniet kan word.

Die resep bedien 6 persone.

No comments :

Post a Comment