Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/08/2014

Wynproe met Pieter du Toit

Die Cederbergfees stel weer eens die gehoor bekend aan wyne van die streek: van Citrusdal en die Cederberge tot bo in Lutzville.

Vyf wynplase bring elkeen een soort wyn wat deur ‘n paneel van “kenners” bespreek word. Die gehoor word dan uitgenooi om saam te gesels.

Hierdie kenners is teatermense – almal deelnemers aan die fees. Vanjaar is hulle so uiteenlopend soos die wyne wat bedien word. Kom geniet die aand saam met ons in ‘n heel ongewone venue. Vermoedelik sal die gehoor en die wynmense nuwe beskrywings vir hul wyne hoor ...

Plek: Toyota Vertoonlokaal (Graafwaterweg), Clanwilliam
Datum: 2 Mei, 19h00
Tydsduur: 120 minute
Kaartjies: R60 per persoon met ligte verversings ingesluit
Besprekings: Cederberg-feeskantoor by 027 482 1090

Cederberg Kunstefees 2014 (Cederbergfees)

No comments :

Post a Comment