Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/17/2014

Gevulde kool / Chou farci

Om hierdie kool te maak het jy ’n ferm wit kool nodig wat gemaklik in jou swaarboompot sal pas. Jy het ook ’n net nodig waarin jy die kool kan braai.

1 kool
500 g strepiespek
5 mℓ fyngekapte ui
125 g sampioene, in dun skywe gesny
5 mℓ vars gekapte pietersielie
125 mℓ broodkrummels
1 eier, geklits
6 klein uitjies, geskil
3 wortels, fyngekap
’n takkie tiemie of 5 mℓ gedroogde tiemie

Plaas die kool net so heel in ’n pot kookwater en kook vir 10 minute.

Dreineer die kool. Terwyl die kool dreineer begin jy met die vulsel.
Knip 250 g van die spek in klein blokkies. Braai die blokkies saam met die 5 mℓ ui vir 2 minute in ’n pan.
Voeg nou die sampioene en pietersielie by en braai vir ’n verdere 3 minute.
Voeg die broodkrummels by, verwyder die pan van die hitte en roer die eier by.
Maak nou die blare van die kool versigtig oop, sonder daarom af te breek. Vul die spasie tussen die blare met die gebraaide mengsel.
Maak die blare toe en plaas die kool in ’n net om alles bymekaar te hou.

’n Alternatief is om die hart van die kool te verwyder, die mengsel in ’n bal te vorm en die hart daarmee te vervang. Dan kan dit sommer met ’n tou vasgebind word. Vir ’n happie kan jy bietjies van die mengsel toedraai in individuele koolblare.

Neem jou swaarboompot en pak die res van die spek op die bodem.
Strooi die klein uitjies, wortel en tiemie oor die spek.
Plaas die kool bo-op, bedek en braai dit so oor lae hitte vir 1½ uur.


No comments :

Post a Comment