Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/04/2014

Kaas en eier pakkie

Hierdie is ’n eenvoudige resep wat jy op ’n kreatiewe manier voorsit – veral vir ontbyt.

90 g gerasperde cheddar
200 mℓ broodkrummels
2 eiers plus 2 eiergele, geklits
250 mℓ room

Klits alles saam en kry ’n bak wat jy in die oond kan gebruik waarin die mengsel gemaklik sal pas. Maak ’n houer uit bakpapier wat jy in die oondbak plaas. Gebruik jou verbeelding en vou enige vorm. Gooi die mengsel in die papiervorm en bak by 180°C vir 30 minute.

Sit dit voor in die papier waarin jy dit gebak het.

No comments :

Post a Comment