Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/03/2014

Soubise sous

Sny ’n ui in skywe en dompel dit in kookwater vir 5 minute.

Verwyder en dreineer die ui en braai dit in ’n bietjie botter tot bruin. Die uie moet nie verbruin nie.

Voeg 500 mℓ witsous by en kook vir 15 minute.

Gooi die sous deur ’n fyn sif. Druk die uie fyn in die sif, om seker te maak jy kry die maksimum sap daaruit.

Verhit die sous en roer 250 mℓ room by. Proe vir sout en peper en bedien.

Die sous word bedien saam met vis, lam en kalfsvleis.

No comments :

Post a Comment