Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/28/2014

Vark-afval

Jy hoef nie ’n aanhanger van afval te wees om van hierdie gereg te hou nie.

Indien moontlik moet mens die hart en longe van ’n vark vir hierdie resep gebruik as dit nog vars is. Die lewer en niertjies werk ook goed. Jy het 400 g daarvan nodig vir die resep. Sny dit in skywe of kleiner stukke, soos jy verkies. Jy kan selfs maalvleis daarvan maak.

Jy het ook 200 g varklende nodig, ook in skywe gesny.
Verbruin al die vleis in 50 g botter.
Voeg nou 4 fyngekapte tamaties by die vleis. Bedek jou pot en kook dit stadig tot die vleis baie sag is. Roer dit af en toe en voeg ’n bietjie water by indien nodig. Die ideaal is dat die sappe ’n lekker dik sous maak.



Jy kan ook die smaak aanpas met vars fyngekapte kruie soos pietersielie of basilie.

Geur met sout en varsgemaalde swartpeper.

Bedien met rys of pasta.

No comments :

Post a Comment