Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/30/2014

Kondensmelk: Almal se gunsteling

Baie mense het ’n swakplek vir kondensmelk en die boek sal hulle baie gelukkig maak met meer as 100 resepte om van te kies.

Die boek bevat resepte wat kondensmelk gebruik vir alles van gebakte kaaskoek tot yskasterte, heerlike grootkoeke, kleintertjies, beskuit, muffins, kleinkoekies, truffels, dekadente bruintjies en selfs brood. ’n Volle hoofstuk word aan roomys afgestaan met wonderlike resepte vir sjokolade fudge-roomys, Italiaanse soentjies en pistasieneut-en-nougatroomys, om net ’n paar te noem.

Die pragtige foto’s maak die boek baie spesiaal en die een resep lyk lekkerder as die ander.



Kondensmelk: Almal se gunsteling [teks] / deur Cleta Joannou -- Human & Rousseau, 18 April 2014. -- 192 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798159357

No comments :

Post a Comment