Hoekom is kookboeke en TV-programme
oor kos so gewild? Hoe lyk die gemiddelde
leser/kyker – beginnerkok vir basiese resepte,
oorwerkte moeder vir vinnige en maklike
resepte of ervare kok wat kinkels wil byvoeg?
Koop die gemiddelde leser so ’n boek vir die
leeservaring, omdat die skrywer bekend is, vir
die koffietafel se versierings- of snobwaarde
daarvan, of regtig vir die resepte? Indien
laasgenoemde, hoeveel lesers beproef werklik
’n verskeidenheid resepte, of maak hulle
maar een of twee gunstelinge oor en oor?
As mense regtig “kook en geniet”, hoekom
het hulle dan so baie boeke nodig? Jy kan
omtrent enige resep Google en wat van self
’n bietjie eksperimenteer? En TV-programme?
Gaan dit oor die idees vir resepte of die
vermaakwaarde?
'n Gesprek gelei deur Ian Wessels.
Gaste: Riana Scheepers, skrywer; Errieda du Toit, RSG-Huiskok; Marita van der Vyfer, skrywer
Plek: Volksblad se deli-en-kuierarea in
Sonnedou-gazellie, Bloemfontein
Tydsduur: 120 minute
Tyd: Wo 16 Julie 13:00
Vryfees 2014
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment