Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/07/2014

Lamsosaties

Hierdie is gewis nie lam sosaties nie, wel lamsosaties!

Braai knopiesampioene in botter tot gaar, maar ferm. Geur met sout en peper.

Blansjeer repe spek.

Sny ’n filet in blokke van so 8 mm. Jy kan ook ontbeende lamsboud gebruik.
Ryg die vleis in op sosatiestokke en wissel dit af met die spek en sampioene.
Smeer die sosaties met gesmelte botter en rol dit in broodkrummels.
Jy kan weer botter oor drup as jy so voel.

Maak dit gaar onder die oondrooster of op die braai.

No comments :

Post a Comment