Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/08/2014

Rys in klappermelk gekook

'n Eenvoudige alternatiewe manier om rys voor te berei. Dit kan bedien word saam met sambels of kerrie.

500 mℓ rys
750 mℓ water
500 mℓ klappermelk
10 mℓ sout
1 stuk pypkaneel

Verhit die rys en water saam tot kookpunt. Bedek en kook vir 15 minute.

Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Kook oor lae hitte vir 'n verdere 15 minute - tot al die melk absorbeer is.

Verwyder die pypkaneel en laat dit effens afkoel en keer dit dan uit op 'n bord.



Jy kan vorms uit die rys druk en dit so bedien.

Die resep is genoeg vir 5 persone.

No comments :

Post a Comment