Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/04/2014

Sauerkraut / Suurkool

Sauerkraut beteken “suurkool”. Dit is witkool wat fyn opgesny en dan ingelê word om te fermenteer. Die Franse het hul eie weergawe genaamd choucroute.

1 kool, fyn opgesny
10 jenewerbessies
5 mℓ karwysaad
5 mℓ mosterdsaad
10 mℓ onbehandelde sout
250 mℓ gefiltreerde water, gemeng met 5 mℓ onbehandelde sout

Meng die kool, bessies, karwy, mosterdsaad en 10 mℓ sout. Roer die mengsel ’n paar keer goed deur. Laat dit staan vir 10 minute en meng dan weer. Laat nou rus vir 1 uur.

Verpak dit nou in gesteriliseerde flesse en druk die kool goed vas in die flesse met ’n houtlepel. Vul die flesse dan met die soutwater. Draai die flesse se deksels net losweg op. Plaas die flesse op ’n skinkbord of in ’n bak wat die vloeistof sal opvang wat oorkook. Laat dit so staan vir 2 tot 3 weke. Die temperatuur moet verkieslik tussen 19°C en 23°C.

Wanneer dit nie meer oorkook nie is dit reg om finaal gebêre te word. Skep enige vlies of spikkels af wat bo-op gevorm het. Vul dit weer op met die soutwater mengsel, draai die deksels styf op en bere in die yskas.

Jy kan dit net so eet, dit gebruik in slaai of dit sommer in ’n bredie plaas.




(foto Tarenha Wicker)

No comments :

Post a Comment