Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/29/2013

Indiese viskerrie

Jy kan kerrie maak van enige vis, maar 'n sterk kerrie is veral geskik vir vis met donker vleis, soos tuna of ansjovis.

500 g visfilette, of klein skoongemaakte vissies
30 mℓ olie
8 kerrieblare
1 ui, fyn opgekap
2 knoffelhuisies, fyn opgekap
15 mℓ fyngekapte vars gemmer
15 mℓ fyngemaalde koljander
10 mℓ fyngemaalde komyn
2,5 mℓ fyngemaalde borrie
2,5 mℓ rissiepoeier
2,5 mℓ fyngemaalde fenegriek
500 mℓ kokosneutmelk
7,5 mℓ sout
suurlemoensap na smaak

Verhit die olie en braai die kerrieblare daarin tot dit net begin verbruin.
Voeg die ui, knoffel en gemmer by en braai tot die ui sag is.
Voeg al die kruie en speserye by en meng goed.
Voeg die kokosneutmelk en sout by en draai die hitte op hoog tot dit begin kook.
Prut onbedek vir 10 minute.
Plaas die vis in die sous. Skep van die sous oor die vis as dit nie ten volle bedek is nie.
Prut verder tot die vis gaar is.

Geur met suurlemoensap.

Die resep is genoeg vir 4 persone.

No comments :

Post a Comment