Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/02/2014

Amandelkoekies / Tuiles

90 g botter
90 g strooisuiker
60 g meel
knippie sout
90 g fyn gesnipperde amandels

Verroom die botter. Voeg die suiker by en klop met ’n houtlepel tot dit lig en donsig is.
Sif die meel en sout saam en roer dan by die bottermengsel.
Roer die amandels by.
Skep hopies van die mengsel op ’n gesmeerde met ’n teelepel. Druk hulle plat met ’n nat vurk. Laat baie spasie tussen die hopies, want dit sprei nogal wyd uit.
Bak in ’n 200°C oond tot die koekies begin verkleur – 6 tot 8 minute.
Laat dit vir ’n sekonde of twee rus, tel op met ’n skerp mes en krul dit om ’n rolstok tot koud.
Laat die koekies heeltemal koud word en bêre dan in ’n lugdigte houer.

No comments :

Post a Comment