Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/03/2014

Varksosaties met pruime

Koop ’n pakkie pruime – een waarvan die pruime reeds ontpit is. Draai elke pruim toe met ’n stukkie strepiespek en steek dit vas met ’n tandestokkie.

Sny varklende in blokkies of repe.

Marineer die vleis en pruime vir ten minste 30 minute in ’n mengsel van olie, sout, peper, ’n knypie neutmuskaat en ’n knypie rooipeper.

Dreineer die vleis en pruime en steek dan op sosatiestokkies. Maak dit gaar onder ’n oondrooster of op die braai. In die oond neem dit omtrent 10 minute.

No comments :

Post a Comment