Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/09/2014

Kalfiefees 2014 Vrouedagviering

Begin die oggend met ’n glas heerlike vonkelwyn en ’n uitsig oor die sprankelende Walkerbaai, en geniet vrouwees saam met vermaakkunstenaar Emile Minnie en skrywer Karin Brynard.

Emile is ’n sanger, musikant, komponis, liedjieskrywer en vermaakkunstenaar. Hy sê sy sangloopbaan het begin met sy eerste gil, toe die dokter uitroep: “Jislaaik, maar die kêreltjie het ’n paar longe aan hom!” Sy liefde vir musiek het hy aan sy ouers te danke wat hom ook aangemoedig het om sy talent uit te leef.

Karin Brynard, skrywer van Plaasmoord en Onse Vaders, gesels oor haar loopbaan as vryskutjoernalis, haar obsessie met skryf en die navorsing wat sy moes doen vir haar boeke. Karin sê sy is bang vir niks, behalwe spinnekoppe.



Proe en peusel tussendeur aan ’n varsvrugte-konkoksie, frittata, quiche, croissants en mini-lemon meringue.

120 min R120
Harbour rock restaurant, Nuwe Hawe, Hermanus
Sat 9 Aug 10:00 - 12:00

Kalfiefees 2014

No comments :

Post a Comment