Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/08/2014

Normande sous

30 mℓ meel
botter
500 mℓ wit aftreksel – ’n kalfsconsommé of consommé
250 mℓ visaftreksel
2 eiergele
suurlemoensap
sout en varsgemaalde swartpeper

Die sous is veral geskik vir vis.

Gebruik die meel, botter en aftreksel soos vir ’n witsous.

Maak ’n visaftreksel van hierdie resep, maar gebruik witwyn in plaas van rooiwyn.

Roer die visaftreksel by die sous en prut vir 15 minute. Verwyder enige opdrifsels.

Verwyder van die hitte en roer die eiergele by.
Gebruik nou ’n balonklitser om 30 mℓ botter wat in blokkies gesny is by te klits.
Geur met suurlemoensap, sout en die peper na smaak.

No comments :

Post a Comment