Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/15/2014

Marita van der Vyver in die Paarl ten bate van Laat ons Lees!

Marita van der Vyver en haar nuwe boek Winterkos in Provence is die fokus van ’n spesiale skrywersete wat op Saterdag 19 Julie deur die Grande Roche Hotel, in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument en NB Uitgewers, in die Paarl aangebied word.

Van der Vyver is een van Suid-Afrika se mees geliefde skrywers met tien boekpryse en verskeie topverkopers agter haar naam. Haar debuut, Griet skryf ’n sprokie, het opslae gemaak en is talle kere herdruk. Sedertdien bly sy in die openbare oog, veral sedert haar huwelik met ‘n Fransman en haar nuwe lewe in Frankryk waaroor sy skryf in haar gewilde rubrieke. Sy is ook bekend vir haar TV-reeks, MaritaKook, op KykNET.

Die geleentheid begin om 18:00 en sluit ’n viergang maaltyd in met spesiaal uitgesoekte wyne. Van der Vyver sal oor haar nuwe boek Winterkos in Provence gesels, wat van haar gunstelingresepte en kosstories insluit. Dit is op Suid-Afrikaanse kokke gemik en al die bestanddele is plaaslik beskikbaar.

Kaartjies vir die skrywersete kos R495. Twintig persent van die kaartjieverkope gaan aan die Taalmuseum se Laat ons Lees!-projek. Honderde kinders is reeds bereik sedert dié projek in 2013 van stapel gestuur is. Op Porterville verskaf die Taalmuseum boeke aan volwassenes wat een keer per week vir groepe kinders voorlees; op Oesterbaai in die Oos-Kaap is boeke geskenk aan leerders van Laerskool Sandwater wat in ‘n gemeenskapsaal skoolonderrig ontvang; en in Drakenstein borg die museum elke kwartaal via die Paarl Post se Borg-‘n-skool-projek gratis eksemplare van dié koerant vir een skool.

Belangstellendes kan bespreek by Christine by tel. 021 863 5100. Winterkos in Provence is ook in Engels beskikbaar en sal by die geleentheid te koop wees.

No comments :

Post a Comment