Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/14/2014

Forel met kruie en sultanas

’n Ongewone manier om forel te geur.

800 g forel, skoongemaak
50 g sultanas
1 ui
1 stok roosmaryn
4 blare salie
1 stok seldery
1 knoffelhuisie
100 mℓ olie
asyn
gerasperde skil van ’n ½ lemoen
500 mℓ visaftreksel – jy kan ook consommé gebruik
sout
varsgemaalde swartpeper
Beurre manié gemaak van 15 mℓ botter en 7,5 mℓ meel.

Week die sultanas in louwarm water vir 30 minute.

Intussen sny jy die ui fyn op saam met die roosmarynblare, salie, seldery en knoffel.

Verhit die olie in ’n pan, verkieslik een wat groot genoeg is vir die vis om plat te lê.
Braai die uimengsel daarin tot sag, moet dit nie toelaat om te verbruin nie.
Plaas nou die vis in die pan en sprinkel ’n paar drupels asyn oor die vis.
Voeg ook die lemoenskil by.
Voeg nou die aftreksel en die sultanas by.
Geur met sout en peper en plaas ’n deksel op tot die vis gaar is.

Verwyder die vis versigtig uit die pan en plaas dit op die bord waarop jy dit gaan bedien. Verwyder die vel versigtig.

Voeg nou die beurre manié by die vloeistof in die pan en verhit, terwyl jy dit aanhoudend roer. Hou so aan tot dit ’n romerige sous begin vorm.
Gooi die sous oor die vis en bedien dadelik.

(foto Grant Hutchinson)

No comments :

Post a Comment