Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/26/2014

Spinasie gaargemaak in spinasiesap

Indien jy van spinasie hou MOET jy hierdie resep probeer.

Was die spinasie goed en verwyder die harde stele.
Kook dit vir 5 minute in kookwater met 5 mℓ sout.
Plaas dit in ’n vergiettes en spoel dit af met koue water voor jy dit laat dreineer.

Druk nou enige oorblywende sap uit die spinasie in ’n bakkie. Jy gaan die sap weer gebruik.
Sny die spinasie fyn.

Plaas ’n groot stuk botter in ’n pan. Wanneer die botter gesmelt is roer jy 5 mℓ meel by. Voeg geleidelik die sap van die spinasie by en geur dit met sout en peper. Laastens voeg jy die spinasie by en verhit dit in die sap.

Strooi croûtons oor voor jy dit bedien.
Jy kan die spinasie garneer met gekookte eier.

No comments :

Post a Comment