Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/27/2014

Gariepfees 2014 Kosmark

‘n Fees sonder feeskos is mos nie ‘n fees nie; daarom spog die Gariep Kunstefees met ‘n uitgebreide kosmark met ‘n verskeidenheid interessante kos en lekkernye sonder om die immergewilde en tradisionele feeskos soos “mini-doughnuts”, boereworsrolle, roosterkoeke, “rib burgers”, sosaties, pannekoek, droë vrugte, schwarmas, pizzas en Yankees af te skeep.

Vir die swerwendes, is daar stokkiekos! ‘n Stomende koffie-stalletjie sal ook beskikbaar wees vir ‘n bietjie ekstra hitte wanneer ons laat-aand nog fees vier op die terrein of na ‘n kunstenaar gaan luister. Lekkergoed, spookasem, koeldrank, “slush puppies” en roomys is natuurlik ook op die kosmark-spyskaart. Die “early birds” kan selfs ‘n heerlike plaasontbyt kom nuttig. Kom proe self!

28 - 31 Augustus 2014
Kimberley

Gariepfees 2014

No comments :

Post a Comment