Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/23/2014

Gebraaide sampioene

Hierdie sampioene kan net so bedien word, of saam met pasta of risotto bedien word.

500 g porcino sampioene, skoongemaak en in dun skywe gesny
45 mℓ olie
15 mℓ botter
1 knoffelhuisie, fyn gekap
’n hand vol pietersielie, fyn gekap
sout
varsgemaalde swartpeper

Verhit die olie en botter saam in ’n pan.
Gooi die sampioene, knoffel en pietersielie by. Geur met sout en peper. Bedek die pan en kook stadig oor lae hitte vir 20 minute.
Wanneer die sampioene amper reg is verwyder jy die deksel en kook dit oor hoe hitte om van die oortollige vloeistof ontslae te raak.

No comments :

Post a Comment