Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/22/2014

Walliese kaas

Hierdie dis het ek by die Walliesers gesien. Hulle verwys daarna as Walliese kaas. Die resep gaan min of meer so:

Jy haal die sagte deel van ’n broodrolletjie uit en week dit in gekookte melk.
Hierby voeg jy ongeveer 125 g gerasperde cheddar en die geel van twee eiers. Die mengsel moet geklop word daarom goed te laat meng.
Die wit van die eiers klop jy apart styf en meng dit by die res van die bestanddele as dit klaar gemeng is.
Dit gooi jy nou in ’n klein broodpan of enige ander diep oondpan van metaal.
Dit moet omtrent 20 minute lank bak by 180°C voor dit reg is om te eet.

No comments :

Post a Comment