Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/02/2014

Tannie Poppie maak ’n macaroni en boerewors gebak

1 pakkie Ouma se boerewors
240 g repiespek, in blokkies gesny
400 g macaroni
olyfolie
30 mℓ botter
60 mℓ koekmeel
480 mℓ melk
sout en peper na smaak
20 g cheddar kaas, gerasper
nog cheddar kaas, gerasper vir bo-oor die gebak

Braai die wors tot bruin en gaar in olyfolie, haal uit en sit eenkant.

Braai die stukkies spek tot gaar, haal uit en sit eenkant.

Kook die pasta tot gaar.
Dreineer die pasta, voeg 'n bietjie olyfolie by, meng en sit eenkant.

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Smelt die botter in 'n pot oor lae hitte.
Verwyder die pot van die hitte en voeg die meel by, terwyl jy aanhou roer met 'n balonklitser. Dit moet min of meer soos broodkrummels lyk.
Verwyder die pot van die hitte en voeg van die melk by, terwyl jy aanhou klits.
Sit terug op die hitte en toets die tekstuur van die sous. Die sous is reg, wanneer dit die agterkant van 'n lepel bedek en as jy jou vinger daardeur trek en die sous kom nie weer bymekaar nie.
Indien die sous nog te dik is, verwyder van die hitte en voeg meer melk by en klits.
Hou aan met klits terwyl jy dit doen.
Wanneer die sous die regte tekstuur is, laat dit oor 'n lae hitte prut tot die sous gaar is. Dus, tot jy nie meer die meel proe nie.
Voeg die kaas by, en laat dit heeltemal smelt. Geur dan met sout en peper na smaak. Maak seker dat jy die sous proe.
Meng die helfte van die sous saam met die macaroni, en spek.
Sit dit in 'n liggies gesmeerde oondvaste bak. Gooi die res van die sous oor die macaroni en sit die wors oor die macaroni. Sprinkel die ekstra kaas oor en bak in die oond vir 20 minute of tot goudbruin en geset.

No comments :

Post a Comment