Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/01/2014

Eier champignons

6 hardgekookte eiers, fyngekap
60 mℓ broodkrummels
30 g verkrummelde bloukaas
30 mℓ fyngekapte stingeluie
30 mℓ droë witwyn
30 mℓ gesmelte botter
15 mℓ vars gekapte pietersielie
2 mℓ sout
24 groot sampioene

Meng die eiers, bloukaas, broodkrummels, stingeluie, wyn, botter, pietersielie en sout.

Vul elke sampioen se holte met die mengsel.
Pak die sampioene op ’n gesmeerde bakplaat en bak by 230°C vir 10 minute.

Garneer met vars tamatie en bedien.

No comments :

Post a Comment