Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/31/2014

Yum-Mo: Vrolike, vars resepte vir beginners en studente

Vinnige, maklike en gesonde resepte vir studente, jongmense en groentjies.

Yum-mo is die resultaat van Carina Truyts se eie ervaring as jong kok in ’n huis vol honger studente, aangevul deur haar professionele kookopleiding. Dié vrolike kookboek sal enige nuweling inspireer om self in te spring en die vreugde van kosmaak te ontdek – van piekniekkos vir die stoep tot koekies bak in spanne en leer hoe om ’n flop te red, selfs in die kleinste woonstelletjie of gedeelde koshuiskombuis.

Die boek:

• Gee duidelike instruksies en volkleurfoto’s
• Verduidelik basiese kooktegnieke
• Het resepte vir alles van ontbyt tot sop, pizza en pasta, vis- en vleishoofgeregte en natuurlik iets vir die soettand
• Bied opsies vir vegetariërs, vir platsakdae, vir heerlike disse uit oorskietkos en selfs babelaas-kure
• Bevat van eenvoudige, ekonomiese etes tot uithang-kos vir vriende

Carina, wat by die bekende Silwood-kookskool opgelei is, het hierdie onmisbare hulpmiddel vir kombuis-oorlewing geskep terwyl sy aan die Rhodes-universiteit studeer het. Tans kombineer sy nagraadse studie aan die Universiteit van Kaapstad met werk as persoonlike sjef vir oorsese toeriste. Tussendeur bederf sy haar vriende met Yum-mo-etes op haar klein balkonnetjie.



Yum-Mo: Vrolike, vars resepte vir beginners en studente [teks] / deur Carina Truyts -- Human & Rousseau, 15 Mei 2014. -- 192 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798157933

No comments :

Post a Comment