Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/30/2014

Hoe om groot sampioene te braai

Verwyder die stele van groot sampioene. Jy kan die stele later gebruik in ’n sous of selfs ’n omelet.

Plaas die sampioene op ’n bakplaat met die hol kant na bo en drup olyfolie oor.
Plaas hulle onder ’n warm oondrooster. As die rooster lekker warm is, kan jy hulle na ’n minuut omdraai en dan 2 minute aan die ander kant laat braai.
Dan draai jy hulle terug en vul die holtes met fyngekapte salotte of knoffel. Geur dit met sout en peper en gooi ’n paar druppels witwyn of gegeurde asyn in. Los vir 2 minute onder die rooster.
Wanneer dit uit die oond kom strooi jy vars gekapte pietersielie oor en bedien saam met roosterbrood.

Jy kan dit ook op die braai probeer. Vryf die sampioene in met olyfolie en braai dan eers goed gaar voor jy dit geur. Wanneer dit gevul is braai jy dit tot die salotte gaar lyk. ’n Bakkie van foelie is ’n maklike manier daarom op die braai te doen.



(foto Matt DeTurck)

No comments :

Post a Comment