Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/27/2014

Broulaï / ’n Visbredie uit die Karibiese Eilande

Die hoofbestanddele vir hierdie Karibiese visbredie is patats of aartappels, en enige wit vis met ferm filette.

Maak jou patats / aartappels skoon en sny in skywe. Braai die skywe bruin in ’n bietjie olie in ’n swaarboompot.
Verwyder dan die groente en plaas die vis in die pot saam met tamatie-puree, ’n fyngekapte ui en ’n knippie rissiepoeier. Gooi ook ’n bietjie water by en bring dit tot kookpunt.
Sodra dit kook plaas jy die groente terug en sit ook ’n lourierblaar in die pot. Wanneer die groente en vis gaar is verwyder jy dit. Gooi dan genoeg water by sodat jy kan rys kook in die sous wat oorbly.
Bedien die groente en vis op die rys.

Wenk: Niks keer jou om nog groente, behalwe aartappels, te gebruik nie.

No comments :

Post a Comment