Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/26/2014

Bruin bredies, gestoof

Om ’n goeie bruin bredie te stoof is dit belangrik dat jy ’n swaarboompot met ’n digsluitende deksel gebruik. Indien jy nie so iets het nie, braai die vleis eers bruin in ’n pan voor jy dit in jou pot sit. Maak ook die sous dan in dieselfde pan.

Die vleis wat jy gebruik moet nie been bevat nie, maar wel ’n bietjie vet. Sny dit in blokke van so 5 cm.

Verhit eers die pot goed voor jy die olie daarin gooi. Wanneer jy die vleis insit moet jy net genoeg gebruik om die bodem te bedek. Braai dit in sarsies as dit moet. Meeste vleis moet op hoë hitte gebraai word; kalf of lam moet oor lae hitte gebraai word. Braai ongeveer 3½ minute aan ’n kant. Verwyder die vleis en hou warm.

Volgende is die groente soos voorgeskryf deur die resep. Plaas dit in die pot en verlaag die hitte. Smoor die groente tot dit verkleur. Gooi dan enige oortollige olie of vet af, sorg net dat daar sowat 30 mℓ oorbly in die kastrol. Voeg 60 mℓ meel by die sous in die pot en roer tot die meel begin verbruin. Skraap enige aanpaksel van die kante van die pot ook af.

Nou voeg jy aftreksel by, 500 mℓ vir elke 600 g vleis. Voeg eers net ⅔ daarvan by en bring dit tot kookpunt. Sit nou die vleis in die pot en gooi die res van die aftreksel by. Die vleis moet net bo die aftreksel uitsteek. Die geurmiddels kom ook nou by. Dan sit jy die deksel op en kook verder volgens jou resep.

Die betse vleissnitte vir stoofgeregte is:
Bees: ontbeende dikribskyf, ondernek, mantelvlies
Skaap: middelnek, bo-nekstuk, filetkant van die boud
Kalfsvleis: bors, kneukel, bladvleis
Konyn: enige deel of heel


(foto Benedikt Koehler)

No comments :

Post a Comment