Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/06/2014

Kokkedoor het nou 'n Koekedoor

Goeie nuus vir alle Kokkedoor liefhebbers!

kykNET het ‘n handelsmerk-uitbreiding van Kokkedoor aangekondig. Koekedoor is ‘n splinternuwe bakkompetisie en inskrywings open Maandag 8 September.

kykNET en Koekedoor is op soek na die land se beste mees veelsydigste amateurbakkers. Die nuwe program sal bestaan uit 10 deelnemers wat meeding en elkeen 3 uitdagings per episode moet voltooi. Net soos Kokkedoor val die fokus op tradisie en vernuwing, maar word daar nie in spanne meegeding nie. Kontantpryse, asook weeklikse pryse is op die spel in die soektog vir die eerste Koekedoor.

Daar is iets baie spesiaal aan bakwerk. Die afmeet en weeg van uiteenlopende bestandele tot ‘n volmaakte produk wat met vernuf afgerond en voorgesit word. Bak is ‘n groot deel van ons Afrikaanse geskiedenis; of ons lag of huil, troue- of begrafnis hou word daar deurlopend gebak. Daar bestaan ook so ‘n ryk skatkis van wenke en tegnieke wat deur generasies heen mondelings gedeel word. Koekedoor wil bakwerk vier en die kos-rewolusie van Kokkedoor voorsit met tradisionele en vernuwende denke.

Die term “bak” verwys na die voorbereiding en bak van produkte soos brood, koek, soetgoed, pasteie, terte, beskuit en koekies.

Is jy Suid-Afrika se volgende bo-baas bakker? Inskrywingsvorm kan op kykNET se web afgelaai word.

kyknet.dstv.com

No comments :

Post a Comment