Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/08/2014

Tannie Poppie maak 'n boerewors en groente gebak



2 groenmielies, in ringe gesny
1 pakkie Ouma se boerewors
2 uie, in ringe gesny
6 aartappels, met skil in blokkies gesny
3 Granny Smith appels, met skil, gesny in wiggies en pitte verwyder
500 g blomkool stukkies
olyfolie vir die groente
20 ml Six Gun Grill speserye
sout na smaak
125 mℓ Grandma's Busy Housewife Sauce en 25 ml water (opsioneel)

Voorverhit dit oond tot 180 °C.

Sit die stukke groenmielies in 'n pot met water en sout en laat dit kook vir ongeveer 20 minute, of tot dit gaar is.

Braai die boerewors in 'n pan, tot bruin en tot gaar. Sny die wors in stukkies.
Gooi van die vet uit die pan.
Braai die uie ringe en aartappels in die pan waarin die wors gebraai is.

Sit die wors, uie, aartappels, appels, blomkool en groenmielies in 'n oondbak.
Gooi 'n bietjie olyfolie oor en sprinkel met die Six Gun Grill-sous en sout. Gebruik jou hande en meng dit, sodat al die groente goed bedek is met die olie en speserye.
Plaas in die oond en laat dit bak rooster vir 30-40 minute of tot die groente sag is.

Opsioneel: Voor jy die bak in die oond sit, kan jy van Grandma's busy housewife sous en water oor die groente bedruip.

Genoeg vir 6 persone.

No comments :

Post a Comment