Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/09/2014

SA se kampioen port van 2014

De Krans Wynkelder in Calitzdorp het onlangs die SA Kampioen Port trofee verower by die 2014 SA Jongwynskou met ‘n Oesjaar Port waarvan die uitslae einde Augustus in Kaapstad bekendgemaak is. Altesame 1972 wyne van die 2014 oesjaar het in hierdie kompetisie meegeding waartydens 17 kampioenwyne bekroon is. De Krans se Oesjaar Port is van Touriga Nacional druiwe berei en sal nog verdere vatveroudering ondergaan voordat dit vroeg in 2016 gebottelleer word. Volgens De Krans se wynmaker Louis van der Riet was 2014 ‘n uitdagende jaar met heelwat reën in die somer. ‘nStadige rypwordingsproses het baie mooi viooltjie- en sjokolade geure verseker met ‘n ferm tannienstruktuur, wat sal verseker dat die port uitstekend verouder.

De Krans het ook twee klaswenners by die 2014 SA Jong wynskou verower in die Tanige Port en Oesjaar Port klasse. Hierdie is die tweede keer in drie jaar dat De Krans se port aangewys is as die SA Kampioen Port, nadat dit in 2012 ook die wenner was.

Hierdie puik prestasie volg op hakke van die toekenning van Beste Kaapse Port vir De Krans se Cape Vintage Reserve Port 2011 in Junie vanjaar by die 2014 Old Mutual Trophy Wine Show, een van die grootste wynskoue in Suid-Afrika. Dieselfde port is ook vroeër vandeesmaand aangewys as die Beste Port by die SA TerroirWynkompetisie.

No comments :

Post a Comment