Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/30/2014

Koue vleis met kool

Dié resep is vir daardie koue vleis wat oorgebly het van ’n vorige maaltyd. Sny die vleis op in kleinerige stukke. Verder het jy nodig fyngesnyde gaar kool, broodkrummels, sout en peper en spek.

Smeer ’n oondbak met botter en strooi ’n laag broodkrummels in die bak.
Volg dit op met ’n laag van die kool, ’n laag vleis, wat jy dan geur met die sout en peper. Herhaal die lae tot alles op is, of die bak vol is.
Bo-op kom ’n laag spek.
Bak dit in ’n 180°C-oond tot jy sien die spek is gaar.
Bedien saam met ’n goeie vleissous.

No comments :

Post a Comment