50 g botter
4 snye Frane brood – ou brood werk die beste
4 eiers
60 mℓ gerasperde parmesaan
1 liter aftreksel – ’n consommé is nogal geskik hiervoor
Smelt die botter in ’n pan en braai die brood daarin tot dit goudbruin en bros is.
Plaas elke sny brood in ’n sopbak.
Breek ’n eier op elke sny en strooi 15 mℓ parmesaan oor elkeen.
Nou bring jy die consommé tot kookpunt en terwyl dit nog borrel, gooi jy dit versigtig in elke bak. Die consommé sal die eier posjeer.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
10/05/2014
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment