Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/09/2014

'n Goue port vir De Krans

De Krans, Kampioen Kelder van die Klein Karoo in 2014, se veelbekroonde 2011 Cape Vintage Reserve Port het die afgelope naweek by die 2014 Veritas Toekennings weer eens ‘n goue medalje ontvang.

Hierdie port is vroeër vanjaar aangewys is as die Beste SA Port by die 2014 Ou Mutual Trophy Wynskou, asook die Top Port by die 2014 Novare SA Terroir Toekennings. Dit spog ook met ‘n 5-ster toekenning in die 2014 Platter’s Wyngids en het ook by die 2013 Veritas Toekennings ‘n goue medalje verower. Slegs 155 wyne uit 1767 inskrywings het vanjaar goue medaljes ontvang by die 2014 Veritas Toekennnings, waarvan die uitslae die afgelope naweek bekend gemaak is.

Drie rooiwyne berei van Portugese kultivars van De Krans het ook uitstekend gevaar by vanjaar se Veritas Toekennings, met silwermedaljes vir De Krans se Tinta Roriz 2013, Tritonia 2013 en Tempranillo 2012. Dié Tempranillo is ook vroeër vanjaar aangewys as die Beste Ongewone Rooiwyn by die 2014 Suid-Kaap Markklaar Wynskou.

‘n Cape Vintage Port van De Krans is vanjaar ook aangewys as die Kampioen Port van Suid-Afrika by die 2014 SA Jongwynskou vir die tweede keer in 3 jaar, nadat dit ook in 2012 hierdie puik prestasie behaal het.

De Krans het by die 2014 Nederburg Wynveiling ook gewys waarom sy porte so hoog aangeskryf word deur ‘n hoogste prys van R3 800 te behaal, wat vir ‘n 6-bottel kis van De Krans Vintage Reserve Port 2002 betaal is. De Krans se portwyne het uitstekende verouderings- en beleggingspotensiaal, soos reeds oor baie jare by hierdie veiling bewys is. Verlede jaar is R14 000 betaal vir 12 bottels van De Krans 1993 Vintage Reserve Port by die Nederburg Veiling.

No comments :

Post a Comment