Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/24/2014

Wat van paddaboudjies?

Nie rêrig iets wat jy by ’n braai sien nie, maar daar is heelwat mense wat dit geniet.

225 g paddaboudjies
½ ui, gerasper
1 steel seldery, fyngekap
30 mℓ botter
30 mℓ olie
1 liter aftreksel
200 g rys
’n hand vol pietersielie

Braai die ui en seldery in die botter en olie oor medium hitte, tot die ui begin deurskynend raak.
Voeg die paddaboudjies by en braai teen dieselfde temperatuur vir nog ’n paar minute.
Gooi die aftreksel by en stel die hitte effens hoër. Wanneer die aftreksel begin kook gooi jy die rys by. Kook tot die rys gaar is.

Net voor jy dit bedien strooi jy die pietersielie oor.


Alternatief: Gebruik 2 knoffelhuisies in plaas van die ui.

Alternatief: Kook die paddaboudjies vooraf in soutwater tot sag. Verwyder die vleis van die bene en gebruik die vloeistof wat oorbly as aftreksel in die resep. Suid-Afrikaners gaan nie sommer kan raai wat hulle eet nie.

No comments :

Post a Comment