Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/04/2014

Huisgenoot Wenresepte 1 - 2014

’n Ou gunsteling wat herverpak word met nuwe foto’s en ontwerp.

Die uitgewers is oorval deur versoeke vir die herdruk van Wenresepte 1 tot 3 – nou gee hulle gehoor! Vir die versamelaars van die Wenresepte-reeks is dit die gulde geleentheid om hulle versameling aan te vul.

Die ideale boek vir dié wat geregte soek wat goedkoop is en maklik vir enigiemand om te maak. Elke gereg is ook deeglik beproef in die Huisgenoot toetskombuis en kom met hulle stempel van goedkeuring.

Die boek bevat meer as 100 resepte, insluitend opwindende ontbytgeregte, geurige vis- en vleisgeregte, warm en koue poedings en heerlike gebak soos brood, beskuit, koeke, terte, en nog meer. Daar is ook daaglikse spyskaarte vir sewe weke en omskrywings van belangrike kookterme word gegee.



Huisgenoot Wenresepte 1 - 2014 [teks] / deur Annette Human -- Human & Rousseau, 1 Julie 2014. -- 224 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798165822

No comments :

Post a Comment