Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/12/2014

Pampoen risotto

500 g pampoen, in blokkies gesny
½ ui, fyngekap
60 mℓ olyfolie
water
20 mℓ botter
300 g Arborio rys
’n blokkie vleisaftreksel
sout en peper
gerasperde parmesaan

Verhit die olyfolie in ’n swaarboompot en praat die uie oor lae hitte tot dit begin sag raak.
Voeg die pampoen by en braai vir ’n paar minute. Gooi af en toe ’n bietjie warm water by om te sorg dat die pampoen klam bly. Roer met ’n houtlepel.
Wanneer die pampoen begin sag raak roer jy die rys, vleisekstrak en sout en peper by. Roer aanhoudend. Soos die rys die water absorbeer voeg jy nog by. Nie meer as 250 mℓ op ’n slag nie.
Wanneer die rys gaar is gooi jy die botter en parmesaan by. Verwyder van die hitte, roer en plaas die deksel op. Laat dit vir ten minste 5 minute staan voor jy dit bedien.



foto: Luca Lebuloni

No comments :

Post a Comment